Tuisblad
Kontak Ons
Koördinate
Kommunkeerder
Inskrywings
Akademie
Sport
Kultuur
Leiers
Skoolreels
Voorskool
Nuusbriewe
Jannie Karakters
In en Om Jannies
Buite skoolverband
Oud Jannies
Poslys
Personeel
Klerewinkel
Neels van Baalen
Jannuus

Individuele Prestasies
Dissiplinêre Stelsel
Beleide

Tuisblad


Boodskap van die Hoof

Gaan kyk na ons kommunikeerder  vir nuus...

Advertensies

Missie van Laerskool Jan Van Riebeeck

Geskiedenis van Laerskool Jan VanRiebeeck

Jannies Kalender

 

Die wêreld verander en hou nooit op om te verander. Dit is ook waar van die onderwys. Die afgelope dekade was gekenmerk deur veranderinge. Skole soos ons dit geken het, het verander na besighede wat bestuur moet word. Die opvoeding situasie is deursuur met idees van uitkomsgerigte onderwys wat nooit resultate gelewer het nie. Die enigste manier om te oorleef is om op 'n sinvolle wyse saam daarmee te verander. Dit beteken nie dat jy soos die wêreld moet word nie. Dit beteken dat jy jou moet aanpas by nuwe werklikhede.

Wat die toekoms van die Laerskool Jan van Riebeeck betref sal ons deur seker aanpassings steeds seker maak dat die toekoms bestuur word. In die skole het die bestuur van diversiteit 'n groot uitdaging geword. Polariteitsbestuur sal aangeleer moet word. Jy moet jou kinders hegte gesinslede maak en aan die ander kant onafhanklikheid leer.

 

Ons sal ons kinders moet leer om persepsies te bestuur. Ons lewe almal met bepaalde waarnemings of persepsies van mekaar. Indien ons nie die persepsies kan ontmasker en mekaar werklik beter leer ken nie, gaan ons sukkel om met diversiteit te leef.

 

Ons opvoedingstaak sal gerig wees of die kind waarde kan toevoeg tot die strukture of netwerke waaraan hy behoort. Dit sal die kind toelaat om binne die netwerk in statuur te groei.

 

Ons kinders sal geleer word om te belê in die bou van verhoudings met uiteenlopende persone en organisasies. Met hierdie aspekte in gedagte sal Laerskool Jan van Riebeeck steeds daarin slaag om leiers vir die toekoms te lewer.